Friday, June 09, 2006

"Agterdog oor Saldanha"

Hier is nog 'n paar koppe wat ek raakgelees het in ou Burgers.

"Troue van twee Oosterse katte gaan R126 000 kos"
"Agterdog oor Saldanha"
"Europa sê nee vir Saldanha"
"Klein Japanees verstom wêreld met wors-etery"
"Moeder Teresa, pous kry meeste pos ter wêreld"
"Hond se hartpille red vrou van rower"
"Reënbooghoender kraai sy krisis uit"

En my persoonlike gunsteling:
"Kloonskaap wei salig onbewus van revolusie"

Thursday, June 01, 2006

"Herrie ná Saldanha nie oor TV verskyn"

Ek sien Gerhard beskryf my deesdae op sy blogroll as "Marissa van Kompaktus". Nou ja. Hier is 'n paar interessante koppe wat ek onlangs raakgeloop het in ou uitgawes van Die Burger (1995 en 1996).

"Herrie ná Saldanha nie oor TV verskyn" (OK, hierdie een is seker net vir my snaaks.)
"Dominee vat hoof hof toe oor poedel"
"'Vleis van perdespesie' in burgers van braairestaurant gevind" (Die berig verwys na 'n Spur in die noordelike voorstede.)
"Met skape in Uno help 3 hulself van die wal in die sloot"
"Kerkgangers vlug voor swerm woedende bye" (Ook in die noordelike voorstede.)
"Al weer Saldanha" (Al weer net ek wat lag.)
"Dief steel motor om betyds by tronk te wees" (Hy gaan nie weer parool kry nie...)

En dan, spesiaal vir Appel:
"Matie redakteur vra rektor verskoning ná brief"
"Maties betoog op kampus oor optrede teen koerant"
"Ernstige geldtekort bedreig Die Matie se voortbestaan"
"US stuit Die Matie weens geldtekort"

In my volgende opwindende update: 'n relaas oor my omswerwinge in die bib. Belowe.