Wednesday, May 24, 2006

Vir die boekliefhebber wat alles het





Die eerste gadget word die "Thumbthing" genoem. Die ander twee is obviously boekrakke. Lees briljante kommentaar hieroor op 50 Books, een van my gunsteling-besoekpunte op die net.

Tuesday, May 16, 2006

Dis die klein vreugdes wat saak maak

Ek hou van poskaarte. Maar net poskaarte wat aan my gestuur is - ek gaan nou nie afsit na Cardies om vir myself 'n poskaart van die Ou Hoofgebou of Tafelberg of iets dergeliks aan te skaf nie. Dus: ek hou daarvan om poskaarte te ontvang. Ek kan nie regtig verduidelik wat dit is van dié kaarte wat my aangryp nie. Dis 'n kombinasie van die prentjies (wat my laat voel dat ek ook verre plekke sien), die seëls en posstempels (nostalgie vir pre-digitale kinderdae en die opwinding van iets in die pos kry), en die interessante boodskappe agterop (verwondering aan hoe goed mense iets ouliks kan sê in so 'n beperkte spasie).

In die afgelope paar weke was daar 'n oplewing in die hoeveelheid poskaarte wat by my aangekom het. Elizabeth was byvoorbeeld in Engeland en Frankryk en het die volgende poskaarte gestuur:
- een uit Parys, met 'n afbeelding van 'n Monet-skildery wat sy in 'n kunsmuseum daar gesien het
- een uit Oxford met 'n foto van die "skyline" (by gebrek aan 'n beter woord) van dié stad
- een uit Bath, met 'n prentjie voorop van hoe die dorp in Jane Austen se tyd gelyk het
- een van Chawton (waar Jane Austen gewoon het), met 'n afbeelding voorop van die enigste bekende portret van Austen
- een uit Stratford-upon-Avon (no prizes for guessing why)

Dan het ek ook 'n poskaart gekry van twee voormalige klasmaats wat nou in Nederland studeer, met 'n foto van die tulpvelde. Elsabe het natuurlik haarself oortref met twee poskaarte en 'n pretpakkie uit Ierland. Die een poskaart het 'n kaart van Ierland op, waarop sy die klein dorpie gemerk het waar sy nou woon en werk. Die ander poskaart is van 'n groot tapisserie waarop een figuur ses tone het. Les bes, die pretpakkie - dis nou nie 'n poskaart nie, maar die vreemde knipsels uit 'n Ierse koerant was wel baie interessant. Soms goed, ander kere het die betrokke artikels nuwe waardering by my geskep vir Die Burger.

Tot sover my relaas oor poskaarte. The moral of the story: as jy ooit iewers heen gaan (al is dit naby), stuur vir my 'n poskaart.