Monday, March 27, 2006

It is not a crime to be a kung fu genius!

Ek het gisteraand na die Chinese fliek "Kung Fu Hustle" gekyk wat loshande een van die weirdste goed is wat ek nog gesien het (selfs weirder as Pineapple Pete). Dit is soos 'n vreemde kruising tussen "Kill Bill", "The Matrix" en "Spiderman", met onder meer 'n verwysing na "The Shining". O ja, en dis 'n komedie... Lees meer oor die fliek hier.

Sunday, March 26, 2006

Held van die week

Bietjie laat, maar die Held van die Week-toekenning gaan vandeesweek aan die onbekende weldoener wat my beursie in Mystic opgetel het en dit ingegee het by die kantoor (ja, daar is blykbaar 'n kantoor).
Die Nie-die-Held-van-die-Week-nie is hierdie outjie, wat skielik in my badkamer gemanifesteer het en my die skrik op die lyf gejaag het:



Ek weet nie wat dit is nie, maar dit stem presies ooreen met die illustrasie van "Crawling Insects" voor op die DOOM-blikkie.

Tuesday, March 21, 2006

Keurboslaan

Ek wend 'n poging aan om dié 'klassieke' Afrikaanse jeugboekreeks deur te werk. Tans lees ek "Die Kroon van Keurboslaan", die vierde boek in die reeks. Vir diegene wat nie met Keurboslaan bekend is nie, dit wentel om die lewe by 'n kosskool vir seuns iewers in die noorde van die land. Naby Swaziland, om presies te wees, aangesien die hoof, sy sekretaresse, sy niggie en een van die seuns in die skool pas deur die sogenaamde "Swazies" gevange geneem is nadat genoemde "Swazies" hulself onder meer vergryp het aan dagga. Daar word geïmpliseer dat die gevangenes doodgemaak en geëet gaan word, maar net betyds is daar 'n dramatiese ontsnapping te perd. WAT DE FOK! Nie cool nie! Bygesê, ek lees die omnibus-weergawe waarvan die teks onveranderd gebly het sedert dit in die 1930's vir die eerste keer verskyn het. Maar steeds. Moeilik om jouself nou in te dink dat dit ooit aanvaarbaar was om so iets te skryf.

Dan is daar ook die hoof, dr Serfontein. Hy is veronderstel om een van die groot helde van die Afrikaanse kinderboekwêreld te wees. Vir my kom hy oor soos 'n emosioneel gebrekkige kettingroker wat sy anti-sosiale gedrag probeer verskoon deur weg te kruip agter die supposedly hoogs literêre boeke wat hy skryf in sy vrye tyd. Hy het 'n liefdesteleurstelling beleef met 'n Russiese sopraan, maar trou later met die sekretaresse na wie hier bo verwys word (sy is die "kroon" van Keurboslaan). Hulle maak ook etlike kindertjies, wat ter sprake kom in die titel van die sesde boek, "Die Serfontein-kinders".

Dalk is die oorsaak van my probleem die kunstenaarsvoorstelling van die goeie doktor op die voorkant van die boeke, waar hy geweldig baie soos 'n meer smerige weergawe van Johann Lodewyk Marais lyk.

Wednesday, March 15, 2006

Drie T-shirt slogans wat ek onlangs in Humarga gesien het

1) No fat girls (ek gaan eerder niks oor hierdie een sê nie...)

2) I do all my own stunts.

3) Fuck your opinion.

Ek wil ook nog graag 'n hemp laat maak wat sê "Please don't ask me about my thesis".

Tuesday, March 14, 2006

Who wants to live forever?

"Ek sou sê eerder as ’n mafia is die figure in die Afrikaanse letterkunde ’n losse versameling small time hoods en outcasts met die gemeenskaplike doel om vir ewig te lewe. Of ten minste ’n lekker siniese debuutroman oor die poging te skryf."

Hierdie stukkie kom van SêNet af. Dit is seker die beste definisie wat ek nog gehoor het van die Afrikaanse literêre toneel