Tuesday, April 25, 2006
Kyk bietjie hier
Dit is 'n stoel deur die Italiaanse ontwerpmaatskappy Nobody & Co. Het dit raakgelees (raakgesien?) op 50 Books, 'n fantastiese blog oor boeke.
Thursday, April 13, 2006
Wowbagger the Infinitely Prolonged
Hiermee 'n illustrasie van die genius van Douglas Adams, 'n aanhaling uit Life, the Universe and Everything. Hierdie stuk gaan oor 'n onsterflike ruimtewese wat nie met sy onsterflikheid kan cope nie, en dan besluit om die verveling hok te slaan deur almal in die heelal in alfabetiese volgorde te beledig. Perfekte beskrywing van die Sondagmiddag-gevoel.
"
Those who are born immortal instinctively know how to cope with it, but Wowbagger was not one of them. Indeed he had come to hate them, the load of serene bastards. He had had his immortality inadvertently thrust upon him by an unfortunate accident with an irrational particle accelerator, a liquid lunch and a pair of rubber bands[…]
Wowbagger closed his eyes in a grim and weary expression, put some light jazz on the ship’s stereo, and reflected that he could have made it if it hadn’t been for Sunday afternoons, he really could have done.
To begin with it was fun, he had a ball, living dangerously, taking risks, cleaning up on high-yield long-term investments, and just generally outliving the hell out of everybody.
In the end, it was the Sunday afternoons he couldn’t cope with, and that terrible listlessness which starts to set in at about 2.55, when you know that you’ve had all the baths you can usefully have that day, that however hard you stare at any given paragraph in the papers you will never actually read it, or use the revolutionary new pruning technique it describes, and that as you stare at the clock the hands will move relentlessly on to four o’clock, and you will enter the long dark teatime of the soul.

Sunday, April 09, 2006
Melodrama deluxe
Hier, vir die leser se plesier, is die flapteks van 'n grootdruk-liefdesverhaal uit die Saldanha-dorpsbiblioteek. Dokter? Check. Lieflike meisie? Check. Moet sy gered word? Check. Probeer iemand in die pad staan van hulle liefde? Check. Liefdesdriehoek? Check. Geniet veral die deel waar sy kan onthou, al het sy geheueverlies.
"Dokter Phillip Conradie bring die lieflike Lizanda de Lange huis toe, want by die Kroonoord-sanatorium is daar besluit dat die sleutel tot haar geheueverlies op Eikenhof versteek is.
Dis egter 'n vreemde tuiskoms vir Lizanda, want daarmee saam keer ook die vrees terug. Sy het haar lewe lank in dié huis gebly, maar nog nooit tevore het dit so 'n gevoel van vrees by haar ingeboesem nie. Want al ly sy aan geheueverlies, weet sy dat sy in die sanatorium opgeneem is omdat sy haar identiese tweelingsuster met 'n byl wou opkerf en dat sy daarna probeer het om selfmoord te pleeg. Boonop is daar 'n stem in haar geheue wat sê sy het ook die verlamde ouma Fran in haar rolstoel by die wenteltrap afgestamp, en haar bababoetie met 'n kussing versmoor...
Phillip probeer desperaat die waarheid ontdek. Hy vertrou Marta, die huishoudster, glad nie, en Meyer Naudé, die jong faktotum, is waarskynlik ook nie 'n onskuldige buitestaander nie. En tot oormaat van ramp wonder Phillip of sy besondere gevoel vir Lizanda nie dalk vir Antoinette bedoel is nie.
DIE JANUSGESIG is 'n storie wat die leser se hartslag sal opjaag, 'n storie met 'n ontknoping wat dreig om mens se asem weg te slaan."
Nou ja, net die flapteks jaag al my hartslag op. Ongelukkig was daar 'n fout en is 'n ander boek in die omslag ingebind! Nee! Nou sal ons nooit uitvind of "Die Janusgesig" die beloofde spanning en melodrama oplewer nie. Ai.

Saturday, April 08, 2006
Bettasnack
Wie onthou nog daai 'digestive' koekies wat in 'n pers pak gekom het en aan die een kant sjokolade opgehad het? Miskien is dit net ek wat nostalgies terugdink aan dié njammies. Hoe dit ook al sy, hierdie week het ek ontdek dat sulke koekies nog bestaan en dat dit verkoop word onder die naam "Bettasnack". Ek is opnuut verslaaf. Dit is veral lekker wanneer dit in koffie gedoop word en die sjokolade so smelterig raak. Ook beskikbaar met karamel.
Subscribe to:
Posts (Atom)