Hier, vir die leser se plesier, is die flapteks van 'n grootdruk-liefdesverhaal uit die Saldanha-dorpsbiblioteek. Dokter? Check. Lieflike meisie? Check. Moet sy gered word? Check. Probeer iemand in die pad staan van hulle liefde? Check. Liefdesdriehoek? Check. Geniet veral die deel waar sy kan onthou, al het sy geheueverlies.
"Dokter Phillip Conradie bring die lieflike Lizanda de Lange huis toe, want by die Kroonoord-sanatorium is daar besluit dat die sleutel tot haar geheueverlies op Eikenhof versteek is.
Dis egter 'n vreemde tuiskoms vir Lizanda, want daarmee saam keer ook die vrees terug. Sy het haar lewe lank in dié huis gebly, maar nog nooit tevore het dit so 'n gevoel van vrees by haar ingeboesem nie. Want al ly sy aan geheueverlies, weet sy dat sy in die sanatorium opgeneem is omdat sy haar identiese tweelingsuster met 'n byl wou opkerf en dat sy daarna probeer het om selfmoord te pleeg. Boonop is daar 'n stem in haar geheue wat sê sy het ook die verlamde ouma Fran in haar rolstoel by die wenteltrap afgestamp, en haar bababoetie met 'n kussing versmoor...
Phillip probeer desperaat die waarheid ontdek. Hy vertrou Marta, die huishoudster, glad nie, en Meyer Naudé, die jong faktotum, is waarskynlik ook nie 'n onskuldige buitestaander nie. En tot oormaat van ramp wonder Phillip of sy besondere gevoel vir Lizanda nie dalk vir Antoinette bedoel is nie.
DIE JANUSGESIG is 'n storie wat die leser se hartslag sal opjaag, 'n storie met 'n ontknoping wat dreig om mens se asem weg te slaan."
Nou ja, net die flapteks jaag al my hartslag op. Ongelukkig was daar 'n fout en is 'n ander boek in die omslag ingebind! Nee! Nou sal ons nooit uitvind of "Die Janusgesig" die beloofde spanning en melodrama oplewer nie. Ai.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Dit is so 'n boek wat ek wil skryf. Ek het sopas besef. Ek sal my hele ganske M moet omkeer en dadelik begin werk aan my eie magnum opus oor die dokter, die verpleegster en die ongemagtigde liefde.
Dis desperaatheid wat praat.
Post a Comment