Saturday, April 08, 2006

Bettasnack

Wie onthou nog daai 'digestive' koekies wat in 'n pers pak gekom het en aan die een kant sjokolade opgehad het? Miskien is dit net ek wat nostalgies terugdink aan dié njammies. Hoe dit ook al sy, hierdie week het ek ontdek dat sulke koekies nog bestaan en dat dit verkoop word onder die naam "Bettasnack". Ek is opnuut verslaaf. Dit is veral lekker wanneer dit in koffie gedoop word en die sjokolade so smelterig raak. Ook beskikbaar met karamel.

1 comment:

Annelie Maré said...

Ja-ja-ja! My kamermaat het 'n ruk terug so 'n pakkie by die 'huis' aangebring - het omtrent 3/4 alleen opgeëet terwyl ek vir daai pol wet toets geswot het...dit en riaan cruywagen grappies het my deur dié donker tyd gesleep :-)