Ek sien
Gerhard beskryf my deesdae op sy blogroll as "Marissa van Kompaktus". Nou ja. Hier is 'n paar interessante koppe wat ek onlangs raakgeloop het in ou uitgawes van Die Burger (1995 en 1996).
"Herrie ná Saldanha nie oor TV verskyn" (OK, hierdie een is seker net vir my snaaks.)
"Dominee vat hoof hof toe oor poedel"
"'Vleis van perdespesie' in burgers van braairestaurant gevind" (Die berig verwys na 'n Spur in die noordelike voorstede.)
"Met skape in Uno help 3 hulself van die wal in die sloot"
"Kerkgangers vlug voor swerm woedende bye" (Ook in die noordelike voorstede.)
"Al weer Saldanha" (Al weer net ek wat lag.)
"Dief steel motor om betyds by tronk te wees" (Hy gaan nie weer parool kry nie...)
En dan, spesiaal vir Appel:
"Matie redakteur vra rektor verskoning ná brief"
"Maties betoog op kampus oor optrede teen koerant"
"Ernstige geldtekort bedreig Die Matie se voortbestaan"
"US stuit Die Matie weens geldtekort"
In my volgende opwindende update: 'n relaas oor my omswerwinge in die bib. Belowe.