Sunday, June 25, 2006

Die uitsig vanaf die Matie-kantoor se balkon


9 comments:

Appel said...

Dis darem maar 'n mooi gesig dié. En weet jy wat, dit feature as die backdrop tot Pieter-Schalk se interview op kykNET. Ja ek weet die SR mag nie eintlik in ons kantoor kom nie maar hulle het belowe hulle sal Die Matie kantoor krediteer in die credits aan die einde van die onderhoud.

Hoe dit ookal sy: hierdie foto's herinner my aan 'n voormalige redakteur se laaste uitgawe. Onthou jy hom? Daai pienke. Nerisa het amper gebraak.

Marissa said...

Ja ek sal die hoofseun se onderhoud maar 'n mis gee. Natuurlik onthou ek die pienk trippy foto. Ons moet ook iets heel geks doen met ons laaste uitgawe. Soos om al die " 'n " goetertjies verkeerd om te maak. Hester sal nooit weer met my praat nie.
(Ek besef dis sad dat bogenoemde die gekste ding is waaraan ek kan dink om te doen met ons laaste uitgawe...)

Appel said...

Ek het 'n plan. 'n Goeie plan. Sal jou later vertel, herinner my net.

Lammervanger said...

Ai die heimweë darem... Jammer dat ek so ongenooid opdaag - jy het 'n comment op Pienk Zuit gelos toe kom kyk ek wat aangaan in jou deel van die wêreld.

Nice blog!

PienkZuit said...

Wat van 'n paar berigte wat almal nog te bang was om te skryf omdat hulle nie hulle werk wil verloor nie. Die laaste uitgawe gee mens daardie vryheid, min of meer soos jou bedankingsbrief.

Marissa said...

Dagsê Lammervanger, kom maak gerus weer 'n draai. Ek belowe daar gaan binnekort meer aksie wees op die nuwe inskrywings-front.

Marissa said...
This comment has been removed by a blog administrator.
Do Kwang said...

Ek het die pas afgelope naweek terug getrek Stellenbosch toe na 5 jaar wat ek elders gewoon het. Ek het De Akker toe gegaan. Ek het omtrent ALMAL daar herken. Fantasties.

Marissa said...

Dit is die groot aantrekkingskrag van De Akker, ja. Jy ken amper almal en jy is nooit die oudste persoon daar nie.