Thursday, August 10, 2006

Saterdagaand

Op pad na D se woonstel stap ek oor die parkeerarea voor Admin A. Daar, onder die bome, effens verlig deur die nabye straatligte, is ’n meisie en man besig om te dans. Geen musiek en niemand naby nie. Hy hou haar vas soos die kosbaarste ding in die wêreld, en sy vir hom. Nie een van hulle sien my raak nie – vir hulle bestaan op daardie oomblik niks anders nie.

8 comments:

dai said...

ek het 'n paar sondae terug 'n paartjie in seepunt gesien. Hulle het ver ver uit gestaan op die rotse mekaar vol in die gesig gekyk en vasgehou. Vir 'n baie lang tyd. Ek het gewens ek kon van hulle 'n foto neem en dit geheimsinnig vir hulle stuur.

Liz said...

Some images make me wish that I could paint. That's beautiful.

arcadia said...

marissa, post tog ietsie!

Do Kwang said...

Hoekom het jy opgehou om te blog?

Marissa said...

Binnekort weer iets nuuts. Regtig. Wil nie die blog toemaak of ophou blog nie, maar kon die afgelope paar weke net eenvoudig aan niks dink om te skryf nie. En elke keer wat ek wel aan iets dink, skryf een van die ander bloggers wie se blogs ek lees, eerste daaroor :)

Unknown said...

Ek het een aand verby Magnoliadal gery, waar daar ook 'n paartjie verlig was deur straatligte. Ook vir hulle het niemand anders op daardie oomblik bestaan nie. Hulle was nie besig om te dans nie.

Wat seker beter is - jy will jou arms vry hê indien iemand jou probeer mug.

Appel said...

Dankie vir die cool intro van jou artikel in Die Matie vandag. Ek het hardop gelag. Toe sien ek vir JK later vandag en sy se^ toe vir my: "Kyk net hierdie intro! Sy quote haar metgesel, hoe belaglik is dit". Ek kon nie help om te lag nie en toe kom maak Martin Bekker ons stil want ons "raas": "Dit is afterall die biblioteek dié".

Marissa said...

Great. Ek is allerweë belaglik, lyk dit my. Dit voel asof almal die heeltyd agter my rug vir my lag.