Thursday, June 01, 2006

"Herrie ná Saldanha nie oor TV verskyn"

Ek sien Gerhard beskryf my deesdae op sy blogroll as "Marissa van Kompaktus". Nou ja. Hier is 'n paar interessante koppe wat ek onlangs raakgeloop het in ou uitgawes van Die Burger (1995 en 1996).

"Herrie ná Saldanha nie oor TV verskyn" (OK, hierdie een is seker net vir my snaaks.)
"Dominee vat hoof hof toe oor poedel"
"'Vleis van perdespesie' in burgers van braairestaurant gevind" (Die berig verwys na 'n Spur in die noordelike voorstede.)
"Met skape in Uno help 3 hulself van die wal in die sloot"
"Kerkgangers vlug voor swerm woedende bye" (Ook in die noordelike voorstede.)
"Al weer Saldanha" (Al weer net ek wat lag.)
"Dief steel motor om betyds by tronk te wees" (Hy gaan nie weer parool kry nie...)

En dan, spesiaal vir Appel:
"Matie redakteur vra rektor verskoning ná brief"
"Maties betoog op kampus oor optrede teen koerant"
"Ernstige geldtekort bedreig Die Matie se voortbestaan"
"US stuit Die Matie weens geldtekort"

In my volgende opwindende update: 'n relaas oor my omswerwinge in die bib. Belowe.

5 comments:

PienkZuit said...

Soek 'n bietjie in Februarie 1995, daar sal 'n berig wees oor 'n moerse vuur by Wilgenhof, en 'n student wat 'n ander se lewe gered het met 'n "skaapvang" toe hy van die dak af val. Those where the days...

Marissa said...

Wilgenhof feature nogal baie in die betrokke tyd. Ook die ou in Huis Marais wat by sy kamervenster uitgeval het toe hy 'n raserige voël buite wou stilmaak.

Appel said...

Dis skreeusnaaks. Die ou in Huis Marais kon seker nie te ver geval het nie.
Wazzup met Saldanha wat op die TuVu wil wees?

Marissa said...

Dit was toe daar 'n debat was oor of die Saldanha Staal-fabriek gebou moet word of nie.

Anonymous said...
This comment has been removed by a blog administrator.