Wednesday, October 11, 2006

“It is entirely possible to bullshit when writing about bullshit.”

Ek wil baie graag ’n eksemplaar in die hande kry van Harry G. Frankfurt (van die Princeton-universiteit) se werk On Bullshit, nadat Robert Kirby vandeesweek in sy Mail & Guardian–rubriek daarna verwys het. Dit bevat ’n aantal kort artikels en referate oor die onderwerp van bullshit, en het glo wêreldwyd akademiese reaksie uitgelok.

Ben Kotzee, ’n UCT-akademikus, het byvoorbeeld onlangs ’n referaat oor dié onderwerp gelewer, en dit is na aanleiding hiervan wat Kirby skryf. Die referaat het, myns insiens, ’n wonderlike titel gehad: Our Vision and our Mission: Bullshit, Assertion and Belief. Dalk dink ek net dis amusant omdat ek korporatiewe jargon verafsku. (Veral oormatige gebruik van die woord “fasiliteer” beskik oor die potensiaal om my teen die mure uit te dryf.) In elk geval, dit bring ons by die vraag: wat is bullshit?

Frankfurt se definisie: “The bullshitter is faking things. But this does not mean that he necessarily gets them wrong”. Amerikaanse resensent Jim Holt se uitbreiding hierop: “The bullshitter’s fakery consists not of misrepresenting a state of affairs, but in concealing his own indifference to the truth of what he says”. Ek weet nie van jou nie, maar vir my maak dit sin.

Lees die rubriek hier, en die referaat hier.

2 comments:

Appel said...

Wonderlik

avesse said...

Ek het die artikel (Kotzee s'n) verskriklik baie geniet, maar ek dink die helfde van die genot was om te giggel vir die woord 'bullshit' wat so ernstig in 'n akademiese teks gebruik word.

Maar nouja. Ek dink mens moet op skool al geleer word om bullshit te identifiseer. Daar's heeltemal te veel daarvan wat mens daagliks kry.