Monday, October 23, 2006

Woorde

Ek het onlangs besluit om alle mooi of interessante woorde en uitdrukkings wat ek hoor, te begin neerskryf. Geen rede nie, net vir my eie plesier. Die eerste paar woorde op die lys is:
- noodgedwonge
- onooglike
- onaansienlike
- onheilspellende
- slaggereed
- netelige
- terstond
- honds
Dan het M.H. ook die volgende sêgoed tot die lys bygedra:
“Die wêreld is ’n gevaarlike plek” en
“Hansie Cronjé het gemaak dat my oupa nog in bittermin dinge glo.”
Laastens, iemand in die kantoor het my vertel van “lippe teen die klippe” en “fonteindroom”. Van die kollegas beweer dat hulle dit ook al gehoor het en dat dit regte uitdrukkings is. Ken jy dit? Wat dink jy is die betekenis daarvan? (En nee, “lippe teen die klippe” is nie soos “skouer aan die wiel” nie.)

16 comments:

arcadia said...

wil ek weet wat 'n fonteindroom is?

Anonymous said...

is klaps par gel te nar?

Lammervanger said...

Ek hou ook van Lip kap (gesels) en Toon stoot (dans).

Lammervanger said...

En ook van beskrywende woorde soos roltrap, afskuwelik, bronstig, handskoen en ontlasting. As iemand net asseblief vir my kan sê hoekom 'n kameelperd 'n kameelperd genoem word. Ek hou van die taal in die algemeen lyk dit my.

Annelie Maré said...

To the max, maatjie :-) My gunstelinge is desnieteenstaande, onomwonde, grondboontjiebotter (nie noodwendig 'n sê-ding nie, ek weet, maar steeds so lekker om hardop te sê)...

Marissa said...

O ja, en ek hou nogal van "eweneens" en "indertydse". My studieleier het laasgenoemde gesien in my tesis, nie geglo dat dit 'n regte woord is nie, en toe die WAT gebel om te hoor of dit regtig bestaan. Dit bestaan regtig. Ha!

dai said...

weerlooshied en oorbelle

Voetstoots van Tonder said...

turksvy verrinneweer gat nogal owergesetsynde spanspek seekoei darem lekker

Lammervanger said...

Brandnetel, kruideniersware, wiskunde, pens en ontsettend.

maeree said...

mapstieks

Voetstoots van Tonder said...

jislaaik voetsek eina

Lammervanger said...

Waansinnig, slagyster, aartappel.

Pienk Zuit said...

Lippe teen die klippe - om hard te drink, gewoonlik brandewyn en coke (ys is die klippe).

Marissa said...

Tien uit tien, Pienk Zuit. Die verduideliking van die "klippe"-deel wat ek gehoor het, was anders (drink baie, val om, lippe teen die klippe). Maar ek dink ek verkies joune.

Anonymous said...

My pa het altyd gesê iemand is "lippe teen die klippe" - ek het dit verstaan om te beteken "moedeloos", "moeg" of selfs "gatvol".

Anonymous said...

Ag dankie, Pienk Zuit - dit maak vir my 100% sin. My pa was self lief vir sy bramfientjie, so kan verstaan dat dit 'n sê-ding tussen hom en sy vriende was.