Saturday, October 28, 2006

Sal die regte Breyten asseblief opstaan?

Ek was hierdie week by die bekendstelling van die jaarlikse Penseel-bundel. Dit is 'n versamelbundel wat uitgegee word deur die Vereniging van Afrikaanse studente (soos in letterkunde, nie soos in politiek of anti-T opsie nie). Daar is, voorspelbaar genoeg, gedigte en kortverhale in van studenteskrywers.
As jy 'n suksesvolle studentedigter wil wees, volg hierdie raad: kry vir jou 'n gebreekte hart en 'n heldeverering vir Breyten Breytenbach. Dan is jou kop deur.

11 comments:

gm said...

Ek is so bly iemand anders sien dit ook raak. Is daar geen hoop nie?

Anonymous said...

ek wil net noem dat my inskrywings onder meer oor 'n kragonderbreking, 'n grusame ongeluk en 'n nagmerrie gaan (een waartydens al my tande uitgeval het.)

touché ;)

Appel said...

"touché", Johan, is immers hoe die kern strofe van Breyten se gedig 'die tweegeveg' lees. Oops

Marissa said...

Mmm, Appel, hoe lank moes jy deur daai boek van jou blaai om daardie stukkie inligting te bekom?

Marissa said...
This comment has been removed by a blog administrator.
Do Kwang said...

Is daar vanjaar enige mense wat oor hul eie stoelgang dig? Dit was hoogmode onder studentedigters in die vroegere 90's.

Marissa said...

Nie wat ek kan onthou nie. Straatkinders, Liewe Jesus, gebreekte harte en die innerlike wroeging van 'n ontluikende skrywer is die temas wat goed verteenwoordig is. Genadiglik is die Ingrid Jonker-huldeblyk-stadium verby.

Anonymous said...

Jaaa, daarduu teumas stunk swiss perdepiss.

Hilli hêt mui gedug oor mei foed wad i akkir laad hippil nuu goetgekeer nuu. Gmpf.

Anonymous said...

ek mis hierdie blog...

Anonymous said...

waar kan ek dit bekom??

Anonymous said...

Die koninkryk van die hemele het naby gekom.
God het jou lief. Lees jou Bybel.