Saturday, October 28, 2006

Sal die regte Breyten asseblief opstaan?

Ek was hierdie week by die bekendstelling van die jaarlikse Penseel-bundel. Dit is 'n versamelbundel wat uitgegee word deur die Vereniging van Afrikaanse studente (soos in letterkunde, nie soos in politiek of anti-T opsie nie). Daar is, voorspelbaar genoeg, gedigte en kortverhale in van studenteskrywers.
As jy 'n suksesvolle studentedigter wil wees, volg hierdie raad: kry vir jou 'n gebreekte hart en 'n heldeverering vir Breyten Breytenbach. Dan is jou kop deur.

Monday, October 23, 2006

Woorde

Ek het onlangs besluit om alle mooi of interessante woorde en uitdrukkings wat ek hoor, te begin neerskryf. Geen rede nie, net vir my eie plesier. Die eerste paar woorde op die lys is:
- noodgedwonge
- onooglike
- onaansienlike
- onheilspellende
- slaggereed
- netelige
- terstond
- honds
Dan het M.H. ook die volgende sêgoed tot die lys bygedra:
“Die wêreld is ’n gevaarlike plek” en
“Hansie Cronjé het gemaak dat my oupa nog in bittermin dinge glo.”
Laastens, iemand in die kantoor het my vertel van “lippe teen die klippe” en “fonteindroom”. Van die kollegas beweer dat hulle dit ook al gehoor het en dat dit regte uitdrukkings is. Ken jy dit? Wat dink jy is die betekenis daarvan? (En nee, “lippe teen die klippe” is nie soos “skouer aan die wiel” nie.)

Die bron van al my kennis...

is deesdae die "Quotes of the Day" e-pos wat ek elke dag ontvang. Onlangse juweeltjies:

Historians are like deaf people who go on answering questions that no one has asked them. (Leo Tolstoy)

I look to the future because that's where I'm going to spend the rest of my life. (George Burns)

It has always been the prerogative of children and half-wits to point out that the emperor has no clothes. But the half-wit remains a half-wit, and the emperor remains an emperor. (Neil Gaiman)

Wednesday, October 11, 2006

“It is entirely possible to bullshit when writing about bullshit.”

Ek wil baie graag ’n eksemplaar in die hande kry van Harry G. Frankfurt (van die Princeton-universiteit) se werk On Bullshit, nadat Robert Kirby vandeesweek in sy Mail & Guardian–rubriek daarna verwys het. Dit bevat ’n aantal kort artikels en referate oor die onderwerp van bullshit, en het glo wêreldwyd akademiese reaksie uitgelok.

Ben Kotzee, ’n UCT-akademikus, het byvoorbeeld onlangs ’n referaat oor dié onderwerp gelewer, en dit is na aanleiding hiervan wat Kirby skryf. Die referaat het, myns insiens, ’n wonderlike titel gehad: Our Vision and our Mission: Bullshit, Assertion and Belief. Dalk dink ek net dis amusant omdat ek korporatiewe jargon verafsku. (Veral oormatige gebruik van die woord “fasiliteer” beskik oor die potensiaal om my teen die mure uit te dryf.) In elk geval, dit bring ons by die vraag: wat is bullshit?

Frankfurt se definisie: “The bullshitter is faking things. But this does not mean that he necessarily gets them wrong”. Amerikaanse resensent Jim Holt se uitbreiding hierop: “The bullshitter’s fakery consists not of misrepresenting a state of affairs, but in concealing his own indifference to the truth of what he says”. Ek weet nie van jou nie, maar vir my maak dit sin.

Lees die rubriek hier, en die referaat hier.